Phenotypic correlates between clock genes and phenology among populations of Diederik cuckoo, Chrysococcyx caprius
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
Samevatting Die Diederik koekoek, Chrysococcyx caprius , is ’n klein Afrotropiese voël in die Cuculidae familie. Dit is taksonomies verwant aan dertien ander spesies in die genus Chrysococcyx en is ’n migrant in sub‐Sahara Africa met die unieke teling fenologie van broeisparasietisme (broeipare lê nul eiers in die neste van gasheerspesies en kuikens verwyder die eiers van hul gashere). Die doelwit van die huidige studie is om diversiteit in twee gene van die sirkadiese klok, Clock en Adcyap1 , te ondersoek om moontlike verwantskappe tussen polimorfisme en fenologie soos tydsberekening en habitat keuse te ontleed. DNS vanaf bloed monsters was gebruik vir PKR amplifikasie en reeksbepaling in dertig Diederik koekoek. Drie allele was bespeur vir die Clock geen, met soortgelyke genotipes onder individue van beide die Noordelike en Suidelike teling streke, terwyl tien allele bespeur is vir die Adcyap1 geen, met korter allele in die Noord en langer allele in die Suid. Genetiese analise van die populasies, insluitend alleel frekwensie en sigositeit, het kenmerkend hoër frekwensies getoon vir die mees algemene Clock geen, met tien poli‐glutamien herhalings, sowel as ‘n hoë mate van homosigositeit. In teenstelling was alle individue heterosigoties vir die Adcyap1 geen met afsonderlike verskille in mate. Vergelykings tussen beide gene en fenologie het verskeie korrelasies ontbloot. Onder andere is tekens vir ‘n verwantskap tussen korter allele en habitat seleksie sowel as langer allele en tydsberekening gevind. In beide gevalle is verdere bewyse gelewer dat die effek seks‐spesifiek mag wees. Aangesien hierdie gene die ritmiek van jaarlikse lewensiklusse reguleer verskaf hul belangrike insig tot die fiksheid van spesies wat globale uitdagings die hoof bied.